Bou van digitale brûe: Ondersoek na die impak van vennootskappe met verskeie belanghebbers op die ontwikkeling van landelike telekommunikasieinfrastruktuur
Building digital bridges: Investigating the impact of multi-stakeholder partnerships on rural telecommunications infrastructure development
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.1203Keywords:
Multibelanghebbersvennootskap (MBV), landelike telekommunikasie, strategiese kommunikasie, belanghebbersbetrokkenheid, digitale kloof, Suid-Afrika, infrastruktuurontwikkeling, Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit (VOD)Abstract
Hierdie studie ondersoek die rol van multibelanghebbersvennootskappe (MBV’s) in die bevordering van landelike telekommunikasieinfrastruktuur-ontwikkeling in Suid-Afrika. Gegewe die voortdurende digitale kloof in landelike gebiede, ondersoek die studie hoe MBV’s wat openbare en privaatsektorbelanghebbers betrek, uitdagings soos onvoldoende infrastruktuur, hoë koste en regulatoriese hindernisse die hoof kan bied. ‘n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik, met semigestruktureerde onderhoude wat met 12 senior belanghebbers uit die telekommunikasie-sektor gevoer is. Die studie beklemtoon die kritieke belangrikheid van strategiese kommunikasie en belanghebbersbetrokkenheid om die sukses van hierdie vennootskappe te verseker. Die bevindinge dui daarop dat, hoewel beduidende beleggings gemaak is, uitdagings soos mededinging tussen operateurs, gemeenskapsweerstand en regulatoriese kompleksiteit steeds bestaan. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat eff ektiewe strategiese kommunikasie, vroeë belanghebbersbetrokkenheid en samewerkende hulpbrondeling noodsaaklik is om hierdie hindernisse te oorkom en volhoubare infrastruktuurontwikkeling te bereik. Die artikel beveel ‘n holistiese benadering tot MBV’s aan, met die fokus op kapasiteitsbou, vereenvoudigde regulatoriese prosesse en die benutting van tegnologiese innovasies om die digitale kloof in Suid-Afrika te oorbrug.
Ingedien: 20/11/2024
Aanvaar: 17/09/2025
Gepubliseer: 03/12/2025
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.