Statistiese kartering van faktorverwantskappe vir leerdervordering in SA openbare hoërskole
Statistical mapping of factor relationships for learner progress in SA public high schools
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.1316Keywords:
leerdervordering, Suid-Afrikaanse hoërskoolstelsel, faktoranalise, strukturele vergelykingsmodellering, besluitnemingsondersteuningAbstract
Hierdie studie ontwikkel ‘n verfynde faktorverwantskapskartering vir leerdervordering in Suid-Afrikaanse openbare hoërskole, met spesifieke fokus op die Wes-Kaap en Gauteng. Deur data uit die 2019- Algemene Huishoudelike Opname te gebruik, is kwantitatiewe tegnieke soos faktoranalise, meervlakkigeregressie-analise en strukturele vergelykingsmodellering toegepas om die verhoudings tussen sosio-ekonomiese status, gesondheid, huishoudelike toestande en skoolfaktore te ontleed. Hierdie studie het nie net belangrike faktore vasgestel nie, maar het ook die verhoudingskakels tussen hierdie veranderlikes en hul gesamentlike invloed op leerdervordering gekwantifiseer.
Resultate toon dat stabiele gesinstrukture en hoër huishoudelike welvaart positief verband hou met verbeterde akademiese uitkomste, terwyl lae voedselonsekerheid en betroubare nutsdienste leerderbehoud bevorder. Sosio-ekonomiese status speel ‘n sleutelrol in leerdervordering, wat die belangrikheid van stabiele tuisomgewings uitlig. Hoewel gesondheid minder prominent as ‘n direkte faktor voorkom, blyk dit dat omgewingsfaktore soos voedselonsekerheid en huishoudelike welvaart sterker voorspellers van leerderuitkomste is as wat voorheen gedink is.
Hierdie verwantskapsmodel verskaf waardevolle insigte vir beleidsingrypings om leerderuitval te verminder en akademiese prestasie in Suid-Afrikaanse hoërskole te verbeter. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid van verbeterde huishoudelike omstandighede as deel van ’n breër strategie om leerderuitkomste te versterk.
Ingedien: 11/12/2024
Aanvaar: 07/05/2025
Gepubliseer: 18/07/2025
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Outeur/s

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.