3D-modellering as fasiliteerder by die konteksuitbeelding van topografiese integrasie van petrogliewe
3D Modelling as facilitator in the contextual representation of topographical integration of petroglyphs
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.1358Keywords:
Rotskuns, petrogliewe, 3D-modellering, argeologie, erfenis, rotstopografie, fotogrammetrie, Schoonspruitvallei, KlerksdorpdistrikAbstract
Hoewel dit min in die rotskunsstudieveld toegepas word, word die digitale 3D-skepping van petrogliewe nie meer as ‘n uitsonderlike metodologie in hierdie veld beskou nie. Sagteware wat ontwikkel word om meer gebruikersvriendelik te wees, tesame met die imperatief tot die opskerping van dokumenteerders se digitale kundigheid, het daartoe gelei dat hierdie vorm van opname en verwerking van petrogliefdata1 ‘n algemene standaard geword het. Nietemin val die fokus tans grotendeels op die estetiese waarde van só ‘n 3D-model, asook op die uitdaging van hoe om die groot 3D-datastelle doeltreffend te stoor. ‘n Kwessie wat tot op hede nog nie veel aandag geniet het nie, is die ondersoek na die diverse navorsingsaspekte wat ontsluit word met die 3D-modellering van petrogliewe. Die doel van hierdie studie is gevolglik om te toon hoe ‘n 3D-modelleringspyplyn toegepas kan word om ‘n meer holistiese begripsvorming te bereik ten opsigte van die kunstenaar se benutting van die topografi e van die rots met betrekking tot die konteksuitbeelding van die bepaalde petrogliewe. Die data wat vir dié oogmerk as gevallestudie gebruik word, is twee rotspanele met petrogliewe wat op ‘n erfenisterrein in die Schoonspruitvallei, Klerksdorpdistrik, Suid-Afrika, aangetref word. Die proses word begin deur elke paneel in 2D uit te beeld en daarna in kontras te plaas met die navorsingsvermoë wat die 3D-modelle van elkeen bied. Die bevinding van hierdie studie toon gevolglik die mate aan waarin 3D-modellering van rotskuns relevante konteks aan die analiseerder van petrogliewe kan bied op ‘n wyse wat nie moontlik is in ‘n 2D-verteenwoordiging nie.
Ingedien: 20/01/2025
Aanvaar: 06/05/2025
Gepubliseer: 07/08/2025
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Outeur/s

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.