Globale biodiversiteitsraamwerk vir varswatervleilande van Suid-Afrika: Voorlopige berekening van die vordering om die restourasiemikpunt van Doelwit 2 te bereik
Global biodiversity framework for freshwater wetlands of South Africa: Preliminary calculation of progress towards achieving the restoration target of goal 2
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.1399Keywords:
biodiversiteit, ekologiese degradering, ekologiese restourasie, erosiebeheer, indringerspesies, Konvensie op BiodiversiteitAbstract
Die Nasionale Biodiversiteitsanalise van 2018 het bevind dat vleilande (riviermondings en varswatervleilande) die mees bedreigde van al die ekostelsels in Suid-Afrika is. Teen 2030 moet Suid-Afrika aan die Verenigde Nasies se Globale Biodiversiteitsraamwerk (GBR) rapporteer of Doelwit 2 bereik is, naamlik om 30% van gedegradeerde stelsels in die proses van herstel te hê. Hierdie studie het beoog om die voorlopige omvang as persentasie van varswatervleilande wat aan ekologiese ingrypings onderworpe was in verhouding tot die totale omvang van gedegradeerde varswatervleilande in Suid-Afrika te bereken. Ons het ook die persentasieomvang in verhouding tot eienaarskap van die gedegradeerde varswatervleilande en dié wat onder ekologiese restourasie is, bepaal. Die Werk vir Vleilandeprogram en die Werk vir Waterprogram se beskikbare data is ingesamel en met die Nasionale Vleilandkaart weergawe 6, gekombineer om die persentasies te bereken. Die meerderheid van Suid-Afrika se varswatervleilande (51%) is gemodelleer om degradasie te bepaal, met >2.0 miljoen hektaar van die 4 miljoen hektaar Suid-Afrikaanse vleilande wat impakte toon ten opsigte van veranderinge aan die hidrologiese siklus, waterkwaliteitsimpakte, fragmentasie en verlies van habitatte, voorkoms van indringerspesies en klimaatverandering, of ‘n kombinasie van hierdie impakte. Die 30% van Doelwit 2 beteken dus dat amper 613 136 ha van varswatervleilande teen 2030 onder ekologiese herstel moet wees. Ekologiese herstelprogramme het tot dusver slegs ongeveer 203 283 ha (10%) van Doelwit 2 bereik. Die meerderheid (82,8%) van vleilande is op privaat grond geleë, waarvan meer as die helfte gedegradeer is. Baie van die impakte op vleilande, asook die restourasieinisiatiewe wat deur die privaat sektor of individue uitgevoer word, word nie in hierdie berekening weerspieël nie. Monitering en kwantifisering van alle varswaterhabitatte is dus noodsaaklik om Doelwit 2 van die GBR teen 2030 te bereik.
Ingedien: 13/12/2024
Aanvaar: 06/05/2025
Gepubliseer: 09/07/25
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Outeur/s

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.