Faktore wat die prestasie van die Johannesburgse aandelebeurs beïnvloed het, 2010-2022

Factors that affected the performance of the Johannesburg Stock Exchange, 2010-2022

Authors

DOI:

https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.1418

Keywords:

Johannesburgse aandelebeurs (FTSE/JSE), opbrengste, politieke gebeure, ekonomiese gebeure, Covid-19-pandemie

Abstract

Om te kan bydra tot ekonomiese groei en ontwikkeling moet ‘n aandelemark, as ‘n leidende ekonomiese aanwyser, die makroekonomiese grondslae van ‘n land weerspieël deur op politieke, ekonomiese en ander beduidende gebeure te reageer. Dit geskied deur verwagteopbrengs-aanpassings vir maatskappye wat op die aandelemark genoteer is. Hierdie artikel gee ‘n historiese perspektief op hoe politieke en ekonomiese gebeure weerspieël word in opbrengste op die JSE (die Johannesburgse aandelebeurs) tussen 2010 en 2022. Met behulp van gebeurtenisstudiemetodologie is bepaal of die 20 beste en 20 slegste weeklikse opbrengstydperke op die JSE se indeks van alle aandele (IAA) (Engels all-share index (ALSI)) saamgeval het met plaaslike en internasionale gebeure. Die prestasie van die JSE gedurende hierdie tydperk is oorheers deur gebeure wat verband hou met ekonomieë en aandelemarkte wat ná die wêreldwye finansiële krisis, die aansienlike invloed van die VSA en China en die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie gedurende 2020 herstel het. Hierdie studie toon dat hoewel die JSE wêreldwye makro-ekonomiese en politieke veranderinge duidelik en onmiddellik weerspieël het, dit min of kortstondig op plaaslike ontwikkelings gereageer het. Bogenoemde plaaslike ontwikkelings en strukturele tekortkominge het egter gesamentlik veroorsaak dat aandelemarkprestasie in Suid-Afrika vanaf 2013 van dié van die ontwikkelde wêreld ontkoppel het, wat bygedra het tot swak plaaslike markprestasie, verminderde beleggersvertroue en verhoogde kapitaaluitvloei.

Ingedien: 21/01/2025
Aanvaar: 10/06/2025 
Gepubliseer: 18/08/2025

Author Biographies

Ivan Van der Merwe , Univesiteit van die Vrystaat

Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Nico Keyser, Universiteit van die Vrystaat

Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-08-18

Issue

Section

Oorspronklike Navorsing