Geraamde voorkoms en koste van verkeersongelukke vir gebruik in die aanvanklike beplanning van buitestedelike paaie in Suid-Afrika

Estimated incidence and cost of traffic accidents for use in the initial planning of peri-urban roads in South Africa

Authors

DOI:

https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.2863

Keywords:

makroskopiese ontleding, padbeplanning, buitestedelike paaie, topografie, kronkeling, golwing, ongelukke

Abstract

Hierdie artikel bespreek ’n raming van die getal, die ernstigheidsgraad en die eenheidskoste van verkeersongelukke (hierna “ongelukke” genoem) op buitestedelike paaie in Suid-Afrika; die raming kan in makroskopiese ontleding in die vroeë beplanning van sulke paaie gebruik word. In vroeë beplanning kan buitestedelike paaie volgens drie soorte geklassifiseer word, naamlik gruispaaie, geplaveide enkelbaanpaaie en geplaveide dubbelbaanpaaie, en volgens vyf topografiese uitlegte na gelang van die terrein waarin hulle geleë is, naamlik gelyk, gelyk profiel met ’n kronkelende belyning, golwend, golwende profiel met ’n reguit belyning, en bergagtig. Ongelukskoerse word uitgedruk in getal ongelukke per 100 000 000 voertuigkilometer wat op buitestedelike paaie afgelê word. Die volgende soorte ongelukke word volgens ernstigheidsgraad geïdentifiseer: noodlottige ongelukke, ernstige ongelukke, ligte ongelukke en slegs-skade-ongelukke. Die einde-2024-eenheidskoste per soort ongeluk word geraam.

Ingedien: 12/05/25
Aanvaar: 17/10/25
Gepubliseer: 18/11/25

Author Biography

WJ Pienaar, Universiteit Stellenbosch

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-11-18

Issue

Section

Oorspronklike Navorsing