Humanisering van eerstejaar chemie praktiese sessies: Die pad na inklusiwiteit
Humanizing of first-year chemistry practical sessions
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.4116Abstract
Chemie praktiese sessies of laboratoriumwerk ontwikkel voortdurend, en daar is ook ‘n dringende behoefte om laboratoriums te vernuwe en te verbeter. Tradisionele “kookboek”-instruksies vir praktiese sessies of laboratoriumwerk kan studente verhinder om teoretiese kennis met praktiese toepassing te koppel (Domin, 1999). Die koppeling van konsepte in ‘n praktiese omgewing word verder beïnvloed deur studente se uiteenlopende agtergronde en wisselende vlakke van voorkennis. Humaniserende pedagogiek bestaan sedert die 20ste eeu, en wanneer opvoeders humaniserende pedagogiek aanneem, waardeer hulle studente se verskillende agtergronde, kulture, tale, ervarings en historiese perspektiewe, wat inklusiwiteit bevorder (Freire, 1970). As gevolg van eerstejaarstudente se uiteenlopende agtergronde, kan hulle hindernisse in die laboratorium teëkom wat verband hou met taal-, wiskunde- en chemiekonsepte. Daarbenewens moet studente apparaat herken, protokolle volg, waarnemings aanteken en hul verslagblad voltooi; dit wil sê studente moet in ‘n komplekse leeromgewing kan funksioneer (Johnstone & Wham, 1982). So ‘n omgewing kan vir studente oorweldigend wees, veral as hulle bykomende leerhindernisse in die gesig staar.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2026 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.