Eerste aanmelding van Puccinia striiformis f. sp. tritici ras 142E30A+ op koring in Suid-Afrika
First report of Puccinia striiformis f. sp. tritici race 142E30A+ on wheat in South Africa
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.4118Abstract
Koringproduksie in Suid-Afrika word sedert 1996 geaff ekteer deur Puccinia striiformis f. sp. tritici (Pst), ’n roesswam wat streeproes, ook bekend as geelroes op koring veroorsaak. Die eerste aanmelding van die siekte was in die Moorreesburg-distrik in die Wes- Kaap. Ten spyte van die toepassing van chemiese beheer, het die siekte die opbrengs en kwaliteit van die graan negatief geraak. Die betrokke ras is geïdentifiseer as 6E16A- en in daaropvolgende seisoene is die rasse 6E22A- (1998) en 6E22A+ (2005) aangemeld op voorheen bestande kultivars wat tot gelokaliseerde streeproesuitbrake aanleiding gegee het (Pretorius et al., 2020). Sedertdien het die roesswam stabiel gebly met nuut vrygestelde kultivars wat hoë vlakke van weerstand getoon het. In September 2022 was daar ’n kommerwekkende hoë voorkoms van streeproes op voorheen weerstandbiedende kultivars aangeplant onder besproeiing in die noordelike provinsies van Suid-Afrika. Dit is voorafgegaan deur Pst-uitbrake in Zimbabwe gedurende Augustus 2022, na die afwesigheid van die roesswam sedert die eerste aanmelding daarvan in 2018 in dié buurland (Boshoff et al., 2020).
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2026 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.