ʹn Ondersoek na die gebruik van biokool as ‘n grondbehandelingsmiddel om plantegroei te bevorder
Investigating the use of biochar as a soil conditioner to enhance plant growth
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.4122Abstract
Wêreldwye landbouproduksie het aansienlik gegroei in die afgelope paar dekades as gevolg van die groeiende wêreldbevolking. Kunsmis het ʹn belangrike rol in hierdie toename gespeel, maar die oorbenutting daarvan het nadelige omgewingsgevolge. Biokool, gemaak deur die termochemiese ontbinding van organiese materiaal in ʹn chemiese onaktiewe atmosfeer, is as ʹn moontlike oplossing voorgestel. Biokool het ʹn goeie poriestruktuur, met ʹn groot oppervlakte en adsorpsiekapasiteit wat dit nuttig maak in toepassings soos koolstofsekwestrasie en grondverbetering. Hierdie studie ondersoek die potensiaal van biokool om plantegroei te verbeter.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2026 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.