Geoutomatiseerde bespeuring van valle voor impak
Automatic pre-impact fall detection
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.4126Abstract
Wêreldwyd neem die gemiddelde ouderdom van mense jaarliks toe. Daar is tans meer individue van 60 jaar en ouer as wat daar kinders onder die ouderdom van vyf jaar is. Dit lei tot ‘n verhoging van ouderdomsverwante gesondheidstoestande, soos bejaardes wat val. Die vooruitgang in draagbare tegnologie het tot aansienlike ontwikkeling in die studie van menslike beweging gelei. Moderne valopsporingsisteme maak staat op óf konteksbewuste sensors, soos kameras in versorgingfasiliteite, óf draagbare toestelle wat beweging monitor deur van akselerometers, giroskope en barometers gebruik te maak. Baie draagbare toestelle bespeur valle en kan nooddienste kontak om sodoende te verhoed dat individue vir lang tydperke sonder hulp gelaat word. Alhoewel valverwante beserings moontlik hierdeur verminder word, voorkom dit nie die val nie. Om hierdie rede, het navorsing begin om te fokus op voor-impak valopsporing, wat valle kan identifiseer voordat impak plaasvind en ingrypings soos draagbare lugsakke moontlik maak. Sulke stelsels poog om die val so vroeg as moontlik voor impak op te spoor.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2026 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.