Ondersoek na die potensiaal van ouderdomsverwante weerstand van beeste teen bosluise vir bosluisbeheer

Investigating the potential of age-related resistance of cattle to hard ticks for tick control

Authors

  • T Terblans Universiteit van die Vrystaat
  • EMS van Dalen Universiteit van die Vrystaat
  • L Kruger Universiteit van die Vrystaat
  • L van der Mescht Universiteit van die Vrystaat

DOI:

https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.4128

Abstract

Bloedsuiende ektoparasiete, veral bosluise, is wêreldwyd vir enorme ekonomiese verliese in die veeproduksiebedryf verantwoordelik.
Hierdie verliese sluit in ‘n afname in produksie-uitsette, ‘n toename in produksiekoste en verliese weens bosluisoordraagbare siektes. Huidige boerderypraktyke in Suid-Afrika maak meestal staat op die chemiese beheer van bosluise met behulp van akarasiedes. Die grootste nadeel van chemiese beheermetodes is dat bosluise oor tyd weerstand teen die middels kan ontwikkel. Baie bosluisspesies, veral Rhipicephalus decoloratus en Rhipicephalus microplus, het egter reeds weerstand teen die meeste aktiewe bestanddele ontwikkel, met sommige wat weerstandig is teen veelvuldige aktiewe bestanddele. Daarom is geïntegreerde beheerstrategieë, wat verskeie bosluisbeheermetodes gebruik, voorgestel as ‘n alternatiewe metode om akarasiedweerstandsontwikkeling te vertraag.

Author Biographies

T Terblans, Universiteit van die Vrystaat

Department Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

EMS van Dalen, Universiteit van die Vrystaat

Department Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

L Kruger, Universiteit van die Vrystaat

Department Veekunde, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

L van der Mescht, Universiteit van die Vrystaat

Department Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-02-12

Issue

Section

Referaatopsommings