Wiskundige modellering van die drukval in ‘n biofilter

Mathematical modelling of the pressure drop in a biofilter

Authors

  • RJ Van Velden Universiteit Stellenbosch
  • S Fidder Universiteit Stellenbosch

DOI:

https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.4139

Abstract

Vloei deur poreuse media ontvang groot aandag in die veld van vloeimodellering weens die vele industriële toepassings daarvan. Een van die prominente toepassings is biofilters, wat mikroörganismes gebruik om skadelike stowwe uit lug of water te verwyder deur dit deur poreuse media te filtreer. Hierdie studie fokus op korrelagtige poreuse media, waar gasse soos waterstofsulfied (H2S) deur ‘n biofilter gepomp kan word om dit meer omgewingsvriendelik te maak. ‘n Sleutelgebied van belangstelling vir wetenskaplikes is die voorspelling van drukval en gasvloei deur biofilters, aangesien akkurate voorspelling produksie kan optimaliseer en kostes kan verminder.

Author Biographies

RJ Van Velden, Universiteit Stellenbosch

Departement Wiskundige Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

S Fidder, Universiteit Stellenbosch

Departement Wiskundige Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-02-12

Issue

Section

Referaatopsommings