Ontwikkeling van ‘n nuwe kwantum chemiemodel vir die programmatiese analise van elektroniese struktuur
Development of a novel quantum chemical model for the programmatic analysis of electronic structure
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.4142Abstract
Molekulêre orbitaalteorie (MOT) is een van die veelsydigste modelle vir die analise en voorspelling van die elektroniese eienskappe van molekules. Dit is wel interessant dat MOT minder gebruik vind in die analise van groter en asimmetriese sisteme as gevolg van die kompleksiteit van sulke sisteme. Hierdie navorsing handel oor die ontwikkeling van ‘n nuwe model (FALDI-MO) om die elektroniese orbitaalstrukture van komplekse sisteme op ‘n vereenvoudigde en selektiewe manier te analiseer. Die model is afgelei van en gebou op ons eie gelokaliseerde, gedelokaliseerde, interatomiese (FALDI) elektrondigtheidskema, aangevul met verskeie nuwe Python-kodes vir addisionele berekeninge en programmatiese visualisering.
Downloads
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2026 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.