Die gebruik van slimbrille in die gesondheidsorgmetaversum: ’n Sistematiese oorsig
The use of smart glasses in the healthcare metaverse: A systematic review
Keywords:
smart glasses, virtual reality, augmented reality, healthcare metaverse, healthcare professionalsAbstract
Agtergrond: In onlangse tye was die bespreking van die gebruik van virtuele realiteit en geougmenteerde realiteit vir die gesondheidsorgmetaversum nogal verwarrend. Die gebruik van hierdie tegnologieë kan moeilik wees in ’n besige gesondheidsorgomgewing, aangesien gesondheidsorgpersoneel noodgedwonge hul hande daarvoor moet gebruik. Nogtans raak slimbrille al hoe gewilder as gevolg van die voordele daarvan, soos dat dit wel ’n groot mate handvrye gebruik daarvan toelaat en ook videogebaseerde konsultasies wat ’n lewende perspektief moontlik maak. Daar is wel vorige studies wat slimbrille in verskeie gesondheidsorgomgewings ondersoek het.
Doel: Die navorsing het ten doel gehad om die gebruik van slimbrille in virtuele realiteit en geougmenteerde realiteit vir die gesondheidsorgmetaversum te bestudeer.
Metodes: Ons het ’n soektog deur drie databasisse gedoen wat navorsing in beide die gesondheidsorg- en rekenaarwetenskapveld insluit. Ons het die PRISMA-benadering gevolg om ’n oorsig van referate te doen. Die soektog het op gepubliseerde artikels tussen 2019 en 2023 gefokus.
Resultate: Die studie het bevind dat 28 uit 81 publikasies wat in die oorsig gebruik is, kommersieel beskikbare slimbriltoestelle en videokonferensieprogrammatuur benut het, wat ’n hoë vlak van tegnologiese gereedheid vir die praktiese toepassing en gebruik van slimbrille in die gesondheidsorgomgewing demonstreer. Die navorsing het tipiese stelselkenmerke soos video- en oudiostroming, annotasie, geougmenteerde realiteit en handvrye interaksies ondersoek.
Gevolgtrekking: Slimbrille en optiese kopgemonteerde skerms met slimfoonkenmerke transformeer die gesondheidsorgbedryf deur handvrye kommunikasie sowel as die onmiddellike deling van inligting tussen gesondheidsorgpersoneel moontlik te maak. Hierdie tegnologie maak samewerking op ’n afstand en inligtingsdeling moontlik deur oudio en video te versend en sodoende die gehalte van pasiëntsorg te verbeter.
Ingedien: 24/04/2024
Aanvaar: 21/11/2024
Gepubliseer: 10/03/2025