Geïntegreerde raamwerk vir gesondheidsorgpraktisyns se werklike kennisdelingsgedrag
Integrated framework for healthcare practitioners’ actual knowledge-sharing behaviour
DOI:
https://doi.org/10.36303/SATNT.2025.44.1.783Keywords:
organisasiekultuur, organisasiestruktuur, gesondheidsorgpersoneel, elektroniese gesondheidsrekords, werklike kennisdelingsgedrag, pasiënteAbstract
Agtergrond: Die mees doeltreffende ondersteuning vir kennisgedrag word nie goed in gesondheidsorgorganisasies verstaan nie. Daarom is dit noodsaaklik om die faktore wat kennisdelingsgedrag beïnvloed te ondersoek.
Doel: Die doel van die studie is dus om ‘n konseptuele model te ontwikkel wat die werklike kennisdelingsgedrag onder gesondheidsorgpraktisyns in openbare gesondheidsorginstellings identifiseer.
Omgewing: Dr. George Mukhari-hospitaal, ‘n akademiese hospitaal en ‘n tersiêre opleidingsfasiliteit, ongeveer 30 kilometer noord van Tshwane (Pretoria), was die terrein van die studie. Dit funksioneer as die Sefako Makgatho-Universiteit vir Gesondheidswetenskap se opleidingshospitaal vir studente wat gesondheidswetenskappe studeer.
Metode: Data vir die studie is ingesamel deur ‘n kwantitatiewe metodologie, naamlik ‘n meningsopname. Data-analise is gedoen met behulp van die Parsiële Kleinste Kwadrate- en Strukturele Vergelykingsmodel-benaderings.
Resultate: Organisasiekultuur, organisasiestruktuur en inligtingskommunikasietegnologieë word sterk en positief geassosieer met werklike kennisdelingsgedrag, wat sewe van die hipoteses bevestig het (H1, H2, H3, H5, H6, H7, H8), wat gevolglik aanvaar is. H4 en H9 is verwerp omdat daar geen beduidende verband tussen kennisdelingsgedrag en waargenome organisasiesteun was nie.
Gevolgtrekking: Organisasiekultuur, organisasiestruktuur en inligtingskommunikasietegnologie het almal ‘n sterk en positiewe korrelasie met die werklike gedrag van kennisdeling.
Ingedien: 16/07/2024
Aanvaar: 15/04/2025
Gepubliseer: 12/06/25
Published
Issue
Section
License
Copyright (c) 2025 Outeur/s

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.