’n Besigheidskool-gevallestudie: Die akademiese prestasie van MBA-Bemarkingsbestuurstudente tydens volledige kontak-, virtuele en gemengde klasse

A business school case study: The academic performance of MBA Marketing management students’ academic performance during full contact, full online and hybrid classes

Authors

  • Christo Bisschoff Noordwes-Universiteit

Keywords:

afleweringsmodus, deeltydse MBA, COVID-19, akademie, prestasie, vergelykend, punte, longitudinaal, aanlyn, normatief, summatief, assessering

Abstract

Hierdie sewe-jaar longitudinale opvoedingstudie evalueer drie akademiese afleweringsmodusse vir deeltydse MBA-studente in hul Bemarkingsbestuursmodule, naamlik vol kontak (2017–2019), vol aanlyn tydens COVID-19 se harde inperking (2020–2021 en die daaropvolgende gemengde modus (2022–2023). Die studie het ten doel om te bepaal of die afleweringsmodus studente se akademiese prestasie beduidend beïnvloed. Die eenrigting-variansie-analise (EVA) het beduidende verskille tussen die afleweringsmodusse vir individuele opdragte (normatiewe assessering) en groepgevallestudies (summatiewe assessering) geïdentifiseer. Daar was ook betekenisvolle verskille tussen die akademiese prestasie ten opsigte van die finale saamgestelde portefeulje van kennis (wat as eksamen dien). Hierdie portefeulje bestaan uit ’n praktiestoegepaste bemarkingsplan. Die post-hoc toetse het getoon dat studente aansienlik beter gevaar het tydens die gemengde afleweringsmodus in individuele opdragte, terwyl die volledige aanlyn modus laer punte vir die groepgevallestudies gehad het. Beide die gemengde en volledige kontakmodusse het beduidende opeenvolgende verbetering vir die groepgevallestudies getoon, wat in elke gevallestudie verbetering getoon het namate die semester gevorder het. Dit verskil van volledige aanlyn onderrig. Die gemengde modus het ook aansienlik beter gevaar in die eksamen- en finale modulepunte en het selfs beter gevaar as volkontakklasse.

Author Biography

Christo Bisschoff, Noordwes-Universiteit

Besigheidskool, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-09-28

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels