Repliek op die artikel van Henk Stoker, die reaksie van Johan Dreyer en Kobus van der Walt en die mening van Charl-Pierre Naudé
Abstract
Henk Stoker se kritiek in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe 64(2) op my artikel in TGW 63(4) het my aan die Jesus-spreuk in Lukas 6:41 laat dink: “Waarom sien jy die splinter in jou broer se oog raak, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?” Hy wys ’n aantal sogenaamde redenasiefoute uit wat ek in my artikel sou gemaak het, maar is blind vir sy eie redenasiefoute – asook vir dié wat Johan Dreyer, Kobus van der Walt en Rudi Denton in TGW 63(2) gemaak het. Voorts beskuldig hy my daarvan dat ek “sensuur op artikels wil toepas, wanneer dié artikels op grond van natuurwetenskaplike navorsing aandui dat die bevindinge in ooreenstemming is met dit wat ’n groot deel van die wêreldbevolking glo” (Stoker, 2024:359).