Oor werkwoorde en taalgesag

Authors

  • JD (Tom) McLachlan

Abstract

Een van die hardnekkigste mites oor Afrikaanse sinsbou is “werkwoorde aan die einde van die sin”. Dit is natuurlik so dat werkwoorde in Afrikaans in sekere sinskonstruksies verderaan in die sin staan as in Engels, byvoorbeeld ná die onderskikkende voegwoord dat:
They know that the elections took place last week.
Hulle weet dat die verkiesing verlede week plaasgevind het.
en nie –
Hulle weet dat die verkiesing *het plaasgevind verlede week.

Downloads

Published

2024-09-28

Issue

Section

Taalrubriek