Poiëse en poiëtiese denke in Die swye van Mario Salviati: ’n Gereedmaak vir simpoiëse

Poiesis and poietic thinking in The long silence of Mario Salviati: Making ready for sympoiesis

Authors

  • Hendrik Auret Universiteit van die Vrystaat

Keywords:

poiëse, Martin Heidegger, Die swye van Mario Salviati, simpoiëse, maak, skeppingsoomblik, saamskep, ko-kreatief, Gelassenheit, denke, aanvangsdenke, voorstellingsdenke, Sorge, sorg

Abstract

Die mens was nog altyd ’n maker, ’n skepsel van poiëse. Maar in ’n tyd waar ekologiese verwoesting sommige skepties laat oor die verdienstelikheid van Homo Faber se vermoëns, ondersoek hierdie artikel die ontluikende moontlikheid van saamskepping of simpoiëse. Om die implikasies van die verskuiwing van poiëse na simpoiëse te verstaan, bied hierdie artikel ’n hermeneutiese poging om die wese en aard van die menslike maak-gebeurtenis (poiëse) onder woorde te bring, asook die tipe denke wat die kreatiewe proses op ’n besonder ontblotende manier laat ontvou. Die diepte van sterflike poiëse word benader deur die Duitse filosoof Martin Heidegger (1889–1976) te raadpleeg, en deur verskeie maak-narratiewe in Etienne van Heerden se roman Die swye van Mario Salviati (2000) te ondersoek. Die eerste afdeling skets ’n oorkoepelende interpretasie van Heidegger se verstaan van sterflike skepping en sy formulering van aanvangsdenke as alternatief vir die tekortkominge van voorstellingsdenke. Die vertakkings van poiëse word in die tweede afdeling verder verruim deur Van Heerden se roman te ontleed aan die hand van vier hermeneutiese sirkelvlugte. Daar word aangevoer dat die idee van saamskepping (simpoiëse) latent is in Heidegger se konsep van Gelassenheit en dat dit aannames rakende die eksklusiwiteit van menslike poiëse ondermyn. Die derde afdeling dien as slot en spekuleer kortliks oor die wyse waarop Heidegger se verstaan van poiëse, as manier om die skeppingsoomblik te benader, sterflikes gereedmaak vir simpoiëse.

Author Biography

Hendrik Auret, Universiteit van die Vrystaat

Departement Argitektuur, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-12-09

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels