Rutenium(II) komplekse met fosfien knyperligande: Karakterisering en teenkankereienskappe

Ruthenium(II) complexes bearing phosphine pincer ligands; characterization and anticancer properties

Authors

  • J Blignaut Universiteit van die Vrystaat
  • HG Visser Universiteit van die Vrystaat
  • M Schutte-Smith Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Die drie kankertipes wat die meeste onder Suid-Afrikaners voorkom is borskanker, servikale en baarmoederkanker, en prostaatkanker. Die mees algemene behandelings vir kanker, naamlik bestraling, chirurgie, en chemoterapie, is indringend en het ernstige newe-effekte. Daarom fokus kankerteenmiddelnavorsing op die ontwikkeling van middels wat die indringende aard van huidige behandelings kan verlig, om die ernstigste newe-effekte van behandelings te verminder, om ’n middel te ontwikkel wat selektief na tumorselle in die liggaam sal gaan en wat ‘n groter teentumoraktiwiteit het as die chemoterapeutiese middels wat tans gebruik word. Een manier waarop navorsers poog om hierdie doelwitte te bereik is deur die ontwikkeling van chemoterapeutiese middels wat ander metale as platinum bevat. Die insluiting van twee verskillende metale in een middel is ‘n gewilde navorsingstrategie omdat dit ideaalgesproke veronderstel is om die teenkankereienskappe van die twee metale in een geneesmiddel in te sluit.

Author Biographies

J Blignaut, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

HG Visser, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

M Schutte-Smith, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-02-19

Issue

Section

Referaatopsommings