Die studie van renium- en goudmetaalverbindings as teenkanker- en teenmikrobiale middels

The study of mono- and bimetallic rhenium and gold complexes as anticancer and antimicrobial agents

Authors

  • U Du Plessis Universiteit van die Vrystaat
  • HG Visser Universiteit van die Vrystaat
  • M Schutte-Smith Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Kanker is verantwoordelik vir die meeste sterftes wêreldwyd. Sisplatien is ’n bekende chemoterapeutiese middel en word binneaars aan pasiënte toegedien vir die behandeling van kanker. Hierdie middel is redelik oplosbaar in water, is baie giftig en het verskeie newe-effekte. Navorsers fokus dus daarop om nuwe radiofarmaseutiese middels te ontwerp en te ontwikkel vir die behandeling van kanker wat minder newe-effekte het en wat meer spesifiek vir verskillende kankertipes is. Die sukses asook tekortkominge van die platinumkompleks, het ’n nuwe navorsingsgebied in die medisinale veld geskep, wat ander metale soos ruthenium, renium, en goud insluit. Reniumtriekarbonielkomplekse word ondersoek tesame met die gebruik van goudkomplekse om sodoende ’n bimetaalverbinding te vorm, met die renium wat gebruik word as die luminiserende en die goud as die bio-aktiewe fragment. Die kombinasie van meer as een metaal in ’n verbinding, vergroot die effek van só ’n kompleks, en kan lei tot die dood van kankerselle, die opsporing van enige ongesonde selle, en kan ook meer spesifiek op een kankertipe gefokus word. Hierdie bimetaalverbindings word geskep om as potensiële terapeutiese middels gebruik te word met meer effektiewe voordele en minder newe-effekte en wat ook meer ekonomies is.

Author Biographies

U Du Plessis, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

HG Visser, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

M Schutte-Smith, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-02-19

Issue

Section

Referaatopsommings