Blokskakel fluitjieblaserstelsel
Blockchain whistleblower system
Abstract
Fluitjieblasers ontbloot vertoulike inligting oor misdaad en wangedrag in ‘n organisasie. Fluitjieblasers neem egter ‘n groot risiko deurdat hulle identiteite dikwels bekend gemaak word voordat dit veilig is om so te doen (Kleinig, 2022). ‘n Fluitjieblaser kan sy/haar onderhandelingsmag verloor wanneer bewyse van die misdaad verlore raak en hulle self ook as teikens beskou magword (Ngema, 2018). Die fluitjieblaserstelsels wat tans in Suid-Afrika in plek is beskerm nie die informant nadat sy/haar identiteit bekend gemaak is nie, en sodoende kan sy/haar lewe in gevaar gestel word (Nortje, 2023). Om die ooglopende tekortkominge van huidige stelsels op te los, is dit nodig om ‘n rekenaarstelsel te ontwikkel waarin die anonimiteit van ‘n fluitjieblaser die eerste prioriteit is.