Tegniese kunsgeskiedenis: Die eerste ondersoek van die apartheid kunstenaar, Lucky Sibiya (1942–1999)
Technical art history: The first examination of the apartheid artist, Lucky Sibiya (1942–1999)
Abstract
Die navorsing se doelwit is om ‘n begrip van die materiaal en tegniese bekwaamheid van die kunstenaar, Lucky Sibiya, se gekerfde en geverfde houtpaneelkunswerke te verkry. ’n Ondersoek na die kunstenaar se materiale en tegnieke is van groot belang, want sy skeppings is verteenwoordig in verskeie institusionele, korporatiewe en private versamelings – insluitend die Universiteit van Pretoria (UP). Sy gekerfde en geverfde houtpaneelkunswerke bereik ook die ouderdom (minstens 20 jaar oud, aangesien 2019 die twintigste herdenking van die kunstenaar se afsterwe was) waar ingryping moontlik nodig sal wees.