Die sintese en evaluasie van ’n reeks amino-ouroonderivate en hul renium(I) trikarbonielkomplekse as moontlike antikankermiddels
The synthesis and evaluation of a series of aminoaurone derivatives and its rhenium(I) tricarbonyl complexes as possible anticancer agents
Abstract
Chemie speel ‘n sleutelrol in kankernavorsing deur wetenskaplikes in staat te stel om die ingewikkelde molekulêre meganismes wat hierdie komplekse siekte onderlê, beter te verstaan en innoverende strategieë vir die diagnose en behandeling daarvan te ontwikkel. Chemici is instrumenteel in die ontwerp en sintese van nuwe verbindings, insluitend geteikende terapieë en chemoterapeutiese middels, wat spesifiek kankerselle kan teiken terwyl skade aan gesonde weefsels geminimaliseer word. Hierdie navorsing sluit farmakokinetiese en -dinamiese studies, veiligheids- en toleransiestudies, gedragstudies, effektiwiteitsmodelle, metabolisme, in vivo- en in vitro-toksisiteit, fotoluminessensiestudies en bioverspreidingsprofiele in. Verder bied chemie waardevolle insigte in die chemiese prosesse wat karsinogenese dryf, asook in die identifikasie van biomerkers, wat noodsaaklik is vir vroeë diagnose en spesifieke benaderings tot behandeling. Die vooruitgang in mediese navorsing gee deurgaans hoop dat kankerverwante sterftesyfers sal afneem.