Gebruik van gevorderde meting en verifikasie om onbeplande energieverhogings op diepvlakmyne te identifiseer
Using advanced measurement and verification to identify unplanned energy increases on deep-level mines
Abstract
Basislyne en begrotings word deur meting- en verifikasiespesialiste gebruik om die vordering van energiebesparingsinisiatiewe dop te hou. Begrotings is hoofsaaklik vir kostebeplanning waar basislyne dien as historiese vergelykings om verbeterings te identifiseer. Deurbrake in metingsinfrastruktuur het die intydse evaluasie van hierdie vordering vergemaklik. Die proses staan bekend as gevorderde meting en verifikasie (M & V).