Weerverwante risiko’s in die mynbousektor
Weather-related risks affecting the mining sector
Abstract
Die impak van klimaatsverandering word al hoe meer in mense se daaglikse lewens ondervind en met wyd verspreide skade wat reeds in Suid-Afrika waargeneem kan word. Een van die gevolge van klimaatsverandering sluit die voorkoms van ekstreme weerverskynsels in. Hierdie weerverskynsels word meer gereeld waargeneem en is, in sommige gevalle, meer intens. Klimaatsverandering beïnvloed ook weerpatrone oor verskillende streke van Suid-Afrika.