Die invloed van aërobiese stabiliteit op fermentasie-eienskappe van gras- en peulgewaskuilvoer
The influence aerobic stability has on fermentation characteristics of grass and legume silage
Abstract
Suider-Afrika het ’n wye diversiteit van endemiese grasse, elk met unieke eienskappe wat hulle in staat stel om in ’n verskeidenheid klimaatstoestande te oorleef. Huidiglik is die navorsingsfokus op mieliekuilvoer en die potensiaal daarvan, terwyl daar min studies oor gras as kuilvoer beskikbaar is. Die kombinasie van grasse se aanpasbare eienskappe en hoë voginhoud maak graskuilvoer ’n uitstekende toevoeging tot enige boer se voervloeistelsel. Laboratoriumskaal, vakuumverseëlde kuilvoermonsters bied ’n vinnige en koste-effektiewe manier om verskeie bergingstoestande vir ’n verskeidenheid voergewasse te simuleer.