Aminering van verbindings afkomstig vanuit hernubare bronne

Amination of compounds derived from renewable sources

Authors

  • DW Serfontein Noordwes-Universiteit
  • CM Vosloo Noordwes-Universiteit
  • J Swarts Universiteit van die Witwatersrand
  • P Otto Noordwes-Universiteit
  • HL Jordaan Noordwes-Universiteit
  • J Smit Noordwes-Universiteit

Abstract

Hernubare chemiese grondstowwe soos plantaardige olies behoort meer omgewingsvriendelik te wees as die voortdurende gebruik van fossielbronne van koolstof. Die teenwoordigheid van stikstof op alifatiese verbindings lewer potensiaal vir verdere chemiese prosessering van die verbindings. Die geleentheid om onversadigde verbindings afkomstig van hernubare bronne te amineer word derhalwe ondersoek. Aminering van die dubbelbinding van onversadigde verbindings afkomstig van plantgebaseerde materiale is ‘n uitdaging omdat dit oor die algemeen ongeaktiveer ten opsigte van amineringsreaksies is (Costa, 2020). Dit maak die meeste van die bekende amineringsprosesse en -katalisatore oneffektief vir hierdie tipe substraat. Die amineringsproses word tipies vergemaklik deur funksionele groepe naby of aangrensend tot die dubbelbinding te hê, of om die dubbelbinding te aktiveer deur byvoorbeeld protonering daarvan met sure. Baie katalisatore is ontwikkel wat verskillende geaktiveerde sowel as ongeaktiveerde alkene onder baie spesifieke toestande amineer. Die gebrek aan literatuur oor eenvoudige katalitiese sisteme wat ongeaktiveerde langkettingalkene amineer terwyl dit relatief eenvoudige stikstofbevattende molekules as stikstofbronne gebruik, dui daarop dat navorsing in hierdie veld beperk kan wees.

Author Biographies

DW Serfontein, Noordwes-Universiteit

Departement Chemie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

CM Vosloo, Noordwes-Universiteit

Departement Chemie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

J Swarts, Universiteit van die Witwatersrand

Departement Chemie, Universiteit van die Witwatersrand, Suid-Afrika

P Otto, Noordwes-Universiteit

Departement Chemie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

HL Jordaan, Noordwes-Universiteit

Departement Chemie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

J Smit, Noordwes-Universiteit

Departement Chemie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-02-19

Issue

Section

Referaatopsommings