Om ’n beeld van die resonante effek rondom Sgr A* te skep
Towards creating an image of the resonant effect around Sgr A*
Abstract
Sedert die 1960’s het wetenskaplikes probeer om beelde van gravitasiekolke te skep. In 2019 het die Event Horizon Telescope (EHT) die eerste gesintetiseerde beelde van ’n gravitasiekolk gepubliseer. In 2022 het hulle beelde en eienskappe van Sgr A*, die gravitasiekolk in die Melkweg, gepubliseer (Akiyama et al., 2022). Soortgelyke eienskappe van Sgr A* is deur Brink et al. (2015) gevind deur te kyk na die resonante effekte rondom die gravitasiekolk.