Komplekse van rodium en iridium met gesiklometaleerde NHK-ligande: sintese en katalise
Complexes of rhodium and iridium featuring cyclometallated NHC moieties: synthesis and catalysis
Abstract
Die sintese van ’n reeks van iridium- en rodium-bevattende N-heterosikliese karbeen (NHK)-komplekse word in hierdie navorsing ondersoek en beskryf. Oorgangsmetaalkomplekse wat NHK-ligande bevat word die afgelope twintig jaar as kragtige hulpmiddels in katalise gebruik, met ’n wye verskeidenheid toepassings wat die algemene veelsydigheid van metaal-NHK-komplekse illustreer (Gardiner & Ho, 2018).