Risiko-identifisering deur gebruik van ’n koolstofbegrotingsraamwerk in Suid- Afrika
Risk identification using a carbon budget framework in South Africa
Abstract
Die aarde se volhoubaarheid word toenemend deur die gevolge van klimaatsverandering bedreig. Dus is daar verskeie nasionale en internasionale beleide ingestel om die gevolge van klimaatsverandering teen te werk. In Suid-Afrika se Wetsontwerp oor klimaatsverandering, die wetgewende grondslag vir klimaatsaanpassing en versagtingsreaksie, word verskeie versagtende maatreëls uiteengesit. Hierdie maatreëls sluit koolstofbelasting, koolstofbegrotings en sektor-gebaseerde vrystellingsteikens in.