‘n Visuele verkenning van Suid-Afrika se posisie in die globale bestanddeelresep- netwerk

A visual exploration of South Africa’s position in the global ingredient-recipe network

Authors

  • BA Senekal Universiteit van die Vrystaat

Keywords:

koskultuur, voedselwetenskap, bestanddeel-resep-netwerke, netwerkwetenskap, streekskookkuns, tradisionele kookkuns

Abstract

Histories is bestanddeelkeuses in geregte beïnvloed deur faktore soos klimaat en ligging. In die huidige geglobaliseerde wêreld het tegnologie dit egter moontlik gemaak om bestanddele regoor die wêreld te vervoer, asook om bestanddele te verbou in gebiede waarin dit nie voorheen verbou kon word nie. Dit behoort te beteken dat die verskil tussen streeksgeregte moet verminder, maar onlangse netwerkstudies van bestanddeel-resep-netwerke het ‘n volgehoue verskil tussen streeksgeregte gevind. Die huidige studie bou voort op netwerkstudies van bestanddeel-resep-netwerke deur ‘n globale datastel te ontleed wat 11 053 resepte van 48 lande insluit, en fokus spesifiek op Suid-Afrika se posisie in die globale bestanddeel-resep-netwerk. Deur gebruik te maak van die netwerkkonsepte van modulariteit en multidimensionele skaal vir grafiekvisualisering, ondersoek die studie verskeie moontlike faktore wat Suid-Afrika se posisie in hierdie netwerk kan beïnvloed. Daar word gevind dat veral die historiese gebruik van speserye, groente en suiwel die posisies van lande in die globale bestanddeel-resep-netwerk beïnvloed, hoewel faktore soos bevolkingsbewegings en geografiese ligging ook hierdie verspreiding beïnvloed. Uiteindelik groepeer Suid Afrika in die meeste opsigte met Europese lande, met die uitsondering van groentegebruik, wat hoër is as die gemiddelde vir Europese lande en tot gevolg het dat Suid-Afrika in ‘n liminale posisie tussen Oos en Wes in die globale bestanddeel-resep-netwerk geplaas word.

Author Biography

BA Senekal, Universiteit van die Vrystaat

Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-05-24

Issue

Section

Oorspronklike Navorsing