Ontwikkeling van ’n gekwantifiseerdeself-tegnologie-konseptuele raamwerk vir die monitering van diabetes

Towards a quantified-self technology conceptual framework for monitoring diabetes

Authors

Keywords:

gekwantifiseerde-self-tegnologie, selfnasporing, diabetes, selfmonitering, mobiele gesondheidstoepassings, afstandgesondheid monitering, drabare toestelle, lewenstyl, persoonlike analise

Abstract

Inleiding: Die doel van hierdie artikel is om die faktore te identifiseer wat die aanvaarding van gekwantifiseerdeself-tegnologie (GST) vir die monitering van diabetes beïnvloed. GST is tegnologie wat die selfnasporing van biologiese of fisieke elemente, omgewingsdata, individuele geestestoestande of gedragselemente vergemaklik deur gebruik te maak van draagbare tegnologie of mobiele gesondheidstoepassings. Die voordele van GST is nog nie behoorlik in die gesondheidsektor gerealiseer nie, ondanks die potensiaal daarvan om lewensbedreigende chroniese siektes soos diabetes te moniteer. Hierdie studie het faktore geïdentifiseer wat die aanvaarding van GST vir die monitering van diabetes beïnvloed.

Metodes: Hierdie studie is ’n sistematiese literatuuroorsigstudie wat ewekniegeëvalueerde gepubliseerde artikels en referate tussen 2018 en 2023 ontleed het. Die artikels en referate is uit vyf wetenskaplike databasisse, EBSCO, Web of Science, Science Direct, Proquest en Scopus, onttrek. Altesaam 42 artikels en referate is met gebruik van die Voorkeurverslagdoeningsitems vir Sistematiese Oorsigte en Meta‑ontledings (Preferred Reporting Items for Systematic Reviews and Meta-Analyses (PRISMA)) ontleed.

Resultate: Hierdie studie stel ’n konseptuele raamwerk voor vir die aanvaarding van GST vir die monitering van diabetes. Die belangrikste faktore wat die aanvaarding van GST deur diabetiese pasiënte beïnvloed, is geïdentifiseer as tegnologiebewustheid, tegnologievoorbereidheid van die diabetiese pasiënt, diensgehalte van mediese toepassings, sosiale norme, en veiligheidskwessies wat met mediese toepassings verband hou. Hierdie faktore was die hoofkonstrukte van die voorgestelde konseptuele raamwerk van hierdie studie.

Gevolgtrekking: Die literatuurontleding het die belangrikste faktore aan die lig gebring wat die aanvaarding van GST vir die monitering van diabetes beïnvloed. Die voorgestelde konseptuele raamwerk plaas GST binne die veelvuldige oorvleuelende komponente daarvan wat saam die aanvaarding van GST vir die monitering van diabetes beïnvloed.

Bydrae: Hierdie artikel dra literatuur by op die gebied van tegnologieaanvaarding, met die fokus op die gebruik van GST vir die monitering van diabetes. Dié is ’n nuwe nisarea en die begrip van aanvaardingspatrone van GST vir die monitering van diabetes is waardevol vir die verskaffing van hulpbronne vir primêre gesondheidsorg vir mense met diabetes.

Author Biographies

B Mutunhu, Universiteit van Suid-Afrika

Kollege vir Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie, Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika

B Chipangura, Universiteit van Suid-Afrika

Kollege vir Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie, Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika

S Singh, Universiteit van Suid-Afrika

Kollege vir Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie, Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika

Published

2024-05-24

Issue

Section

Oorspronklike Navorsing