Antesedente en gevolge van plaaslike regering: Orania as ’n nietipiese Suid-Afrikaanse geval

Antecedents and consequences of local government: Orania as a non-typical South African case

Authors

Keywords:

Orania, sosiale ontologie, sorg, plaaslike regering, munisipaliteit, begripsontleding, antesedent, gevolglikheid, lewensgehalte, volhoubare dienslewering

Abstract

Hierdie artikel ondersoek twee aspekte wat die outentiekheid van ’n plaaslike regering raak, naamlik die antesedente en die gevolglikheid daarvan. ’n Begripsraamwerk en ’n sosiale ontologie van sorg van “plaaslike regering” is as teoretiese lense vir die ondersoek gebruik. Wat die antesedente van plaaslike regering betref (magtiging, inwoners, natuurlike en fisiese ligging, samewerkende regerings, en vermoëns), het Orania nie as gevolg van magtigende maatreëls soos die Grondwet en voortspruitende wetgewing ontstaan nie, maar as gevolg van ’n kultuurgemeenskap se strewe en gevolglike aankoop van ’n stuk grond. Anders as die inwoners van munisipaliteite in die res van Suid-Afrika het Orania se inwoners verblyfreg verkry op grond van hul onderskrywing van Orania se ontstaansredes. Die eiesoortige fisiese ligging van Orania is doelbewus deur die grondleggers gekies en is bepalend vir die voorsiening van energie, water en ander infrastruktuur-verwante dienste deur Orania Dorpsraad. Die dorpsadministrasie blyk voorts oor voldoende fondse, raadslede en amptenare te beskik om sy funksies uit te voer en sodoende ’n tuiste vir sy gemeenskap te skep. Wat die gevolglikheid van plaaslike regering betref (lewensgehalte, demokratiese en verantwoordelike regering, volhoubare dienslewering, maatskaplike en ekonomiese ont wikkeling, en veilige en gesonde omgewing) blyk die Orania inwonersgemeenskap goeie lewensgehalte te ervaar. Hulle blyk deurlopend betrokke te wees by verskeie gemeenskaps organisasies, ’n demokratiese en verantwoordingspligtige Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) en dorpsadministrasie. Voorts ontvang hulle volhoubare muni sipale dienslewering, ervaar maatskaplike en ekonomiese ont wikkeling en leef in ’n veilige en gesonde omgewing. ’n Outentieke plaaslike regering blyk een te wees wat goed geïntegreer is met sy plaaslike gemeenskap en omsluitende wêrelde, voort durend ongemaklik is met die hede, en met sorg, besorgdheid en sorgsaamheid daarop reageer. Orania is klaarblyklik só ’n plaaslike regering.

Author Biography

JS Wessels, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Publieke Administrasie en Bestuur, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-09-28

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels