Pakhanate-state – ’n konseptualisering, kontekstualisering en Suid-Afrikaanse toepassing
Pakhanate states – a conceptualisation, contextualisation and South African application
Keywords:
pakhanate, verswakte en korrupte state, georganiseerde misdaad, Suid-Afrika, endemiese korrupsie, staatskapingAbstract
Pakhanate-state of state waar pakhanate-tendense voorkom, is histories ’n bekende verskynsel. Klassieke voorbeelde van state waar pakhanate-tendense voorgekom het, was Rusland en Japan. Tans word talle state, waaronder Venezuela, Sirië, Montenegro en Mexiko as pakhanate geïdentifiseer, of prominente tendense word in hierdie verband daar waargeneem. Teen die agtergrond van uitgebreide endemiese korrupsie, staatskaping en gepaardgaande ondersoeke kan met reg gevra word of Suid-Afrika behoort tot die kategorie van state wat losweg as pakhanate beskryf kan word? Hierdie artikel konseptualiseer en kontekstualiseer die konsep en beoordeel die Suid-Afrikaanse konteks daarvan aan die hand van geïdentifi seerde kriteria.