“Oorloë en gerugte van oorloë”: Vraagstukke oor oorlog en vrede in die een-en-twintigste eeu

Authors

  • Editorial Office

Abstract

Een van die vernaamste lesse voortspruitend uit die oorlog in Oekraïne, één wat vir etlike dekades in Europa oënskynlik verbloem was, is die uiters tersaaklike waarneming, toegeskryf aan Trotsky, dat “ons mag dalk nie in oorlog belangstel nie, maar oorlog stel in ons belang”. Vrese oor die moontlikheid van ’n (derde) wêreldoorlog kring uit, met verskeie streekskonflikte wat as kruitvat hiervoor kan dien. ’n Verbreding en verdieping in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, ’n waarskynlike Chinese inval van Taiwan en die moontlikheid van direkte Amerikaanse ingryping ter ondersteuning van laasgenoemde, en ’n ontluikende streekskonflik in die Midde-Ooste teen die agtergrond van die oorlog tussen Israel en Hamas – dié en dergelike konflikte skets die konteks van die hernieude skrikbeeld van ’n wêreldoorlog, één waarin die vernaamste strydende partye met kernwapens tot die stryd kan of sal toetree.

Downloads

Published

2024-09-28

Issue

Section

Uitnodiging