Hede, verlede en toekoms: Verwagting, risiko en gevaar van vernietiging

Present, past and future: Expectation, risk and danger of destruction

Authors

  • Bert Olivier Universiteit van die Vrystaat

Keywords:

Covid-19, gevaar, “inentings”, toekomsperspektief, risiko, Ulrich Beck, uitsterwing

Abstract

Risiko is hedendaags onberekenbaar vermenigvuldig en vererger in vergelyking met wat Ulrich Beck se werk oor “risikosamelewing” aan die hand gedoen het toe dit aanvanklik gepubliseer is, ofskoon ’n mens terugskouend spore van die buitensporige risiko’s van die huidige tyd, veral soos in die sogenaamde “Covid-pandemie” beliggaam, in sy verwagtinge kan bespeur. Hierdie artikel konsentreer op Beck se werk, met die doel om dit heuristies te benut ten einde ’n beter begrip ten opsigte van die risiko’s wat deur die Covid-19-“pandemie” ontketen is – asook deur verbandhoudende gevolge daarvan – te kan formuleer. Beck se werk word in die raamwerk van ’n Heideggeriaanse refl eksie oor menslike temporaliteit en veral die toekoms gesitueer, met die klem daarop dat mense by uitstek tyd-georiënteerde wesens is, en dat wat in die hede gebeur onvermydelik in die lig van toekomsverwagtinge en projeksies verstaan word. Die idee van “vooroordeel” word ook in hierdie konteks bespreek, ten einde die relevansie van die “hermeneutiese sirkel” vir die begrip van gebeure tydens en sedert die Covid-19-“pandemie” te kan begryp, en om aanklagte van vooroordeel ten opsigte van die huidige interpretasie van hierdie gebeure aan die hand van Beck se werk die hoof te bied. Daar word aangevoer dat, ofskoon hulle die kategorie van “tegnologies” met die tipe risiko wat Beck identifiseer deel, die soort risiko wat deur die Covid-“pandemie”, inperkings, Covid-“inentings” en gepaardgaande ekonomiese swaarkry na vore gekom het, van ’n volkome ander aard is. Die “risiko-samelewing” was volgens Beck herkenbaar aan die newe-produksie en verspreiding van gevare soos giftige besmetting deur kontaminante, besoedeling en klimaatsveranderende emissies, in teenstelling met die voorafgaande samelewing van welvaartverspreiding. Vandag staar die samelewing egter blykbaar iets veel ergers in die gesig, te wete die produksie van potensieel- en selfs aktueel-dodelike stowwe en toestande. In vergelyking met die gevare van die risikosamelewing, wat as voorkombaar beskou is, sou ’n mens moontlik kon verwag dat dit vandag ook die geval sou wees, maar by nadere ondersoek blyk dit nie so te wees nie, grootliks omdat groeiende getuienis aantoon dat meeste van die huidige “ultra-risiko’s” doelbewus geskep is, en dat dit te laat is om die meeste daarvan ongedaan te maak. Hierdie, sowel as andere aspekte van die “pandemie-samelewing” word deur die lens van Beck se “risikosamelewing” onder die loep geneem.

Author Biography

Bert Olivier, Universiteit van die Vrystaat

Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-12-09

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels