’n Koorspenlesing van onsekere tye: Informele dag arbeiders in Johannesburg se subjektiewe welstand tydens COVID-19

A thermometer reading of uncertain times: Informal day labourers’ subjective wellbeing amid COVID-19

Authors

  • Derick Blaauw Noordwes-Universiteit
  • Marinda Pretorius Universiteit van Johannesburg
  • Rinie Schenck Universiteit van Wes-Kaapland
  • Danie Meyer Universiteit van Johannesburg

Keywords:

Subjektiewe welstand, informele ekonomie, COVID-19-pandemie, Johannesburg, Suid-Afrika, dagloners, werkloosheid, strukturele kwesbaarheid

Abstract

In Suid-Afrika het deurlopende uitdagings met werkloosheid daartoe gelei dat baie individue geleenthede in die informele sektor soek in ’n poging om ’n bestaan te maak. Die aanvang van die COVID-19-pandemie het regeringsinperkingsmaatreëls tot gevolg gehad, wat kwesbare werkers in hierdie sektor wesenlik beïnvloed het. Hierdie studie het die subjektiewe welstand van informele dagarbeiders tydens die pandemie ondersoek, met ’n spesifi eke fokus op dagarbeiders in Johannesburg. Deur ’n steekproef wat uit 230 individue bestaan het, te ontleed, het ons die wisselwerking tussen indiensneming, inkomste en welstand ondersoek, met inagneming van hul strukturele kwesbaarheid vir eksterne skokke. Hierdie navorsing vul veral ’n kritieke leemte, aangesien geen vorige studies die welstand van arbeiders in die informele sektor in die Suid-Afrikaanse konteks te midde van die pandemie ondersoek het nie. Die studie het alternatiewe inkomstemoontlikhede ondersoek, en die doeltreffendheid van die regering se maatskaplike bystandprogramme en die toereikendheid van ondersteuning wat aan kwalifi serende ontvangers daarvan verskaf word, geëvalueer. Dit verskaf dus ’n omvattende profiel van dagarbeiders wat daarop gemik is om beleidsinisiatiewe in te lig om sosiale en ekonomiese ondersteuning vir werkers in die informele sektor regoor Suid-Afrika te versterk.

Author Biographies

Derick Blaauw, Noordwes-Universiteit

Skool vir Ekonomiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Marinda Pretorius, Universiteit van Johannesburg

Skool vir Ekonomie, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Rinie Schenck, Universiteit van Wes-Kaapland

DWI/NNS/WNNR ‒ Leerstoel: Afval en Samelewing, Universiteit van Wes-Kaapland, Suid-Afrika

Danie Meyer, Universiteit van Johannesburg

Skool vir Openbare Bestuur, Regeerkunde en Openbare Beleid, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-12-09

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels