Oorlog, geostrategiese spanning en nuwe wêreldordes: Krygskundige navorsing in Suid-Afrika sedert 1994

War, geostrategic tensions and new world orders: Military research in South Africa since 1994

Authors

  • Abel Esterhuyse Universiteit Stellenbosch

Keywords:

Veiligheid, militêr, mensveiligheid, verdediging, weermag, veiligheidsinstellings, navorsing, publikasies, krygskunde, konflik, oorlog, wêreldorde

Abstract

Die artikel plaas die aard van krygskundige navorsing in Suid-Afrika sedert demokratisering in 1994 onder die soeklig. Dit word gedoen binne die breë konteks van die idee van veiligheid; insluitende sowel die internasionale as die Suid-Afrikaanse veiligheidsproblematiek. Die argument, vanuit ’n internasionale veiligheidsperspektief is dat die 1990’s tiperend was van die aard van veiligheidsdenke in ná-oorlogsperiodes. Net soos in die 1920’s en die laat 1940’s was dit ’n periode van idealistiese denke oor veiligheid. Teen die laat 1990’s was daar egter ’n terugkeer na groter realpolitik en ’n meer tradisionele benadering met die klem op die rol van die staat en die veiligheidsinstellings in die nastreef van veiligheid. In Suid-Afrika het die verklaarde klem op ’n algemene mensveiligheid egter voortgeduur; ook wat die fokus en aard van navorsing betref. Dit lei tot vrae oor die mate waartoe akademiese navorsing oor veiligheid belyn is met die veiligheidswerklikhede in Suid-Afrika. Wat krygskundige navorsing betref, was die periode ná 1994 vir die Fakulteit Krygskunde van die Universiteit van Stellenbosch ’n periode van groei en ontwikkeling. Die navorsing ontvou veral in die krygskuns eerder as in die krygswetenskaplike omgewing met ’n fokus op krygsgeskiedenis, strategiese studies en internasionale politiek.

Author Biography

Abel Esterhuyse, Universiteit Stellenbosch

Departement Strategiese Studies, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-12-09

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels