’n Morfologies-sistematiese analise van die komposisiestrukture in “vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing” in Mede-wete (2014) deur Antjie Krog

A morphological-systematic analysis of the compositional structures in “vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing” (“four efforts in linguistic synapse tracing”) in Mede-wete (Synapse) (2014) by Antjie Krog

Authors

  • Corné Richter Universiteit van die Vrystaat
  • Henning Pieterse Universiteit van die Vrystaat

Keywords:

Mede-wete, Antjie Krog, Paul Celan, innoverende neologismes, komposisiestrukture, morfologiese afwykinge, morfologies-sistematiese analise, woordvormingsprosesse

Abstract

Met die l ees van Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014) asook resensie-artikels wat daaroor geskryf is, val dit die leser op dat Krog veral belangstelling toon in die werk van die Roemeensgebore Duitse skrywer en vertaler Paul Celan (1920−1970), ’n Holocaust-oorlewende uit ’n Joodse familie. Celan se werk behels die gebruik van sekere tegnieke wat innoverende neologismes en morfologiese afwykinge insluit om woorde op te breek en iets “medemensliks” daaruit te kry en só deur verwringing ’n “nuwe taal” te skep. Krog maak kennis met dié tegnieke in 2008 tydens haar verblyf in Duitsland en maak dit haar eie nadat sy privaat onderrig oor die werk van Celan ontvang en van sy gedigte vertaal. Dié tegnieke beïndruk die leser van Mede-wete deur die wyse waarop Krog die taal en spesifi ek woorde verander en nuut maak deur verskillende woordvormingsprosesse. Meer spesifiek is dit die wending weg van Standaardafrikaans wat Krog in die laaste afdeling, getiteld “vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing”, neem. In hierdie artikel word aandag gegee aan ’n morfologies-sistematiese analise van die laaste afdeling (’n korpus van 196 leksikale items) in Mede-wete. Aan die hand van die morfologiese ontledings en woordvormingsreëls van JGH Combrink (1990:53−58) word daar na die verskillende woordvormingsprosesse in Afrikaans gekyk. Die leksikale items word ook op ’n semantiese vlak in konteks met die bestaande temas in die res van die bundel geëvalueer.

Author Biographies

Corné Richter, Universiteit van die Vrystaat

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Henning Pieterse, Universiteit van die Vrystaat

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-12-09

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels