’n Vergelyking tussen verwante tale, insluitende Bildts en Afrikaans

A comparison between related languages, including Bildts and Afrikaans

Authors

  • Mariëtta Alberts Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad

Keywords:

dialek, leksikografie, leksikon, nieverwante taal, ontstaansgeskiedenis, ooreenkoms, streektaal, terminologie, variëteit, verwante taal

Abstract

Die artikel fokus op ooreenkomste tussen verwante tale, onder andere Bildts en Afrikaans. Hierdie twee tale het ’n gemeenskaplike oorsprong en toon ooreenkomste op bepaalde terminologiese gebiede, veral die landbou. Die terminologieë van hierdie tale en ander soortgelyke tale, soos Nederduits, Fries en Nederlands, kom onder die loep. Bepaalde ooreenkomste tussen Bildts, Afrikaans en die Suid-Afrikaanse amptelike Sintutale word ook bespreek. Dit is interessant dat verwante tale terme deur die prosesse van transliterasie en ontlening kan deel, hoewel die kontinente waarop hulle gebruik word, van mekaar verwyder is. ’n Taal, dialek of ’n taalvariëteit staan ’n beter kans om deur leksikografi ese prosesse en terminologieskepping te ontwikkel (en te oorleef) as daardie taal of taalvariëteit gestandaardiseer is en as sodanig erken word. Dit is dus van die uiterste belang om die woordvormingsbeginsels en skryf- en spelreëls van tale of taalvariëteite vas te lê. Hierdie proses, sowel as die opteken van die skriftelike vorm van ’n taal of taalvariëteit lei tot die ontwikkeling van leksikografi ese en terminografi ese produkte in daardie taal of taalvariëteit.

Author Biography

Mariëtta Alberts, Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad

Voormalige Direkteur: Terminologie en Standaardisering, Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-12-09

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels