Moedertaalonderwys en onderwys vir veeltaligheid in Suid-Afrika: ’n Ontleding van die 2023- matriekeksamenresultate

Mother tongue education and education for multilingualism in South Africa: Assessment of the 2023 Matric examination results

Authors

  • CC Wolhuter Noordwes-Universiteit

Keywords:

Afrikaans, kurrikula, onderwys vir veeltaligheid, voertaal in die onderwys, moedertaalonderwys

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om die 2023-matriekeksamenresultate te gebruik ter beligting van die situasie betreffende moedertaalonderwys en onderwys vir veeltaligheid in Suid-Afrika. Die artikel begin met ’n beskrywing van die maatskaplik-kontekstuele en onderwysstelselkontekstuele raamwerk van tale in die onderwysstelsel in Suid-Afrika. Terwyl dit bemoedigend is dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ruim voorsiening maak vir die bestudering van tale, is die rekord van die onderwysstelsel die afgelope dekades, wat betref die bemagtiging van die amptelike tale as voertale in die onderwys, nie goed nie.

In 2023 het 48 385 kandidate die matriekeksamen in die vak Afrikaans Huistaal afgelê. Hierdie getal het die afgelope vyf jaar gegroei. Terselfdertyd blyk dit dat ’n substansiële getal Afrikaans Eerstetaal-leerders asook eerstetaalsprekers van die ander inheemse tale, eksamen ook in die vak Engels Huistaal afgelê het. Die getal matriekeksamenkandidate wat die eksamen in die vak Afrikaans Eerste Addisionele Taal afgelê het, is eweneens bemoedigend, en het die afgelope vyf jaar beduidend toegeneem, vanaf 83 889 in 2018 tot 97 654 in 2023. Dit blyk dat slegs Engels en Afrikaans, as vakke by wyse van Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Engels Huistaal, en Engels Eerste Addisionele Taal, die totale beeld van die onderrig van die amptelike tale (en alle tale) in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel vervat, en geen van die ander amptelike tale as vakke nie. Die bestudering van die inheemse amptelike tale anders as Afrikaans, blyk dus nog nie pos te gevat het in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel nie.

Ten slotte word enkele aanbevelings ten opsigte van onderwyspraktykverbetering ten aansien van die aanbod van die ander inheemse amptelike tale gemaak.

Author Biography

CC Wolhuter, Noordwes-Universiteit

Navorsingseenheid EDU-HRight, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-12-09

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels