Wat is dit met ons? Gee ons nog om?
Abstract
Onlangs (16 November 2024) het daar in minstens Media24 se suidelike koerant Die Burger ’n belangrike artikel uit die pen van die sanger-skrywer Koos Kombuis verskyn. Die titel van sy artikel het gelui: “‘Verdomming’ van ’n taal en kultuur” en daarin betreur hy onder meer die onvermoë van gewone Afrikaanssprekendes om selfs die mees basiese Afrikaans korrek te skryf en te spel. Bravo, Meneer!