Voorskrifte aan skrywers
Abstract
Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsings- en oorsigartikels in die teologie, die kunste en kulturele, sosiale, ekonomiese en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings, kronieke en gedigte. Artikels of bydraes wat elders verskyn het, word nie vir publikasie oorweeg nie. Twee eksemplare van die uitgawe waarin ’n bydrae verskyn, word gratis aan die outeur verskaf. Indien ’n outeur meer eksemplare verlang, kan dit teen die heersende prys van die Akademiekantoor bestel word.