Woord vooraf: Die konteks: Afrikaans as amptelike taal 1925 – 2025

Authors

  • Nerina Bosman
  • Wannie Carstens

Abstract

Met die erkenning van Afrikaans as amptelike taal in 1925, was een van die kwessies ter sprake die volgende: Alhoewel “Dutch” die een amptelike taal was volgens die Grondwet van die Unie van Suid-Afrika, die South Africa Act of 1909, was dit algemene kennis dat Hollands vir alle praktiese doeleindes eintlik Afrikaans was, byvoorbeeld in geregshowe en in regsdokumente. ’n Oplossing vir hierdie toedrag van sake was om te aanvaar dat “in de uitdrukking ‘Hollandse’ in artikel 137 de woorden Afrikaans en Nederlands ingesloten zijn” (Mnr. Centlivres, parlementêre wetsopsteller, soos aangehaal deur Kannemeyer, 1995: 450).1

Author Biographies

Nerina Bosman

Gasredakteur

Wannie Carstens

Gasredakteur

Downloads

Published

2025-03-22

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels