Die ontwikkeling van die Afrikaanse taalkunde as ’n vakdissipline

The development of Afrikaans linguistics as an academic discipline

Authors

  • Adri Breed Noordwes-Universiteit

Keywords:

Afrikaanse taalkunde, taalontwikkeling, diachroniese perspektief, bibliometriese navorsingsmetodes, digitale bibliografie

Abstract

Die ontwikkeling van Afrikaanse taalkunde as wetenskaplike vakgebied is goed gedokumenteer, maar die meeste bronne hieroor is meer as dertig jaar oud. Hierdie artikel bied vanuit ’n diachroniese perspektief ’n bygewerkte beskrywing van die vakgebied se ontwikkeling. Dit verken ook sleutelpublikasies, invloedryke bydraers en subdissiplines binne die Afrikaanse taalkunde. Nienaber (1934) beskryf vier fases, naamlik (i) die vormingsjare van Afrikaans (1657–1775), (ii) die ontluiking van ’n Afrikaanse taalidentiteit (1775–1875), (iii) die dokumentering van Afrikaans as taal (1875–1900), en (iv) die vestiging van Afrikaanse taalkunde as ’n aparte studieveld (1900–1940). Drie verdere fases word by Nienaber se indeling gevoeg, naamlik (v) die institusionalisering van Afrikaanse taalkunde (1940–1994), (vi) ’n afname in publikasies, maar ’n opbloei van nuwe subdissiplines en die deelname van vroulike taalkundiges aan die vakgebied (1994–2005), en (vii) die digitalisering en internasionalisering van die vakgebied (sedert 2005).

Author Biography

Adri Breed, Noordwes-Universiteit

Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-03-22

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels