Afrikaans Huistaal die afgelope 100 jaar: Die bysin as gevallestudie

Afrikaans Home Language over the past 100 years: The subordinate clause as a case study

Authors

  • Nadine Fouché-Karsten Noordwes-Universiteit
  • Roné Wierenga Universiteit Gent
  • Adri Breed Noordwes-Universiteit
  • Suléne Pilon Universiteit van Pretoria

Keywords:

Afrikaans Huistaal, bestekopname, byvoeglike bysin, bywoordelike bysin, bysin, gesegdesin, kategorisering, onderwerpsin, skoolhandboeke, voorwerpsin, wollerige grense

Abstract

Die grense van grammatikale kategorieë wat op skoolvlak gebruik word, soos bysinne, behoort nie wollerig te wees nie. Tog wys Van der Merwe (1966) op die onduidelike grense van bysinkategorieë en op die feit dat Afrikaansonderwysers “skei waar nie geskei behoort te word nie”. Dit wil voorkom of hierdie verwarring steeds bestaan, soos blyk uit ’n meningsopname in 2024 op sosiale media. Omdat bysinne gesofistikeerde sinskonstruksies skep en taalgebruikers bemagtig om hul ervarings van die wêreld uit te druk, wou ons vasstel tot watter mate die bysinkategorieë wat in skoolhandboeke van die afgelope 100 jaar onderskei word, deur wollerigheid gekenmerk word. Hiervoor is ’n bestekopname gedoen, beginnende by Afrikaanse Spraakkuns (Bouman & Pienaar, 1924) tot by die resentste KABV-belynde handboeke vir graad 12. Daar is bevind dat die grense van die bysinkategorieë wat in hierdie bronne onderskei word, inderdaad “wollerig” is. Wollerige gre nse ontstaan, omdat: (i) bysinne wat dieselfde inleier het en logieserwys as dieselfde soort bysin beskou behoort te word, op grond van hul funksie as verskillende soorte bysinne gekategoriseer word; (ii) die kombinasie van verskillende kriteria vir kategorisering gebruik word; en (iii) die grense van verskillende subkategorieë van veral die bywoordelike bysin wollerig is, omdat betekenis as kategoriseringskriterium gebruik word en dieselfde bysin gevolglik as meer as een soort gekategoriseer kan word. Meerduidige kategorisering en ’n skeiding tussen bepalings en bysinne (wat as bepalings gebruik word) is ook aan die orde van die dag.

Author Biographies

Nadine Fouché-Karsten, Noordwes-Universiteit

Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Roné Wierenga, Universiteit Gent

Universiteit Gent, België en Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Adri Breed, Noordwes-Universiteit

Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Suléne Pilon, Universiteit van Pretoria

Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-03-22

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels