Afrikaans as onderrigtaal ná 100 jaar: Prestasies, tekortkominge, uitdagings en toekoms

Afrikaans as language in education after 100 years: Achievements, shortcomings, challenges and future

Authors

  • Charl Wolhuter Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies

Keywords:

Afrikaans, demografie, historiese opvoedkunde, internasionale konteks, kontekstuele verrekening, kurrikula, onderwys, onderwysvoertaal, universiteite, vergelykende opvoedkunde

Abstract

Afrikaans is tans op die vooraand van die 100-jarige viering van die erkenning daarvan as amptelike taal (1925–2025). Hierdie artikel bied ’n ondersoek van die ontwikkeling van Afrikaans in die onderwyssektor en die aanwending daarvan vir ’n bepaling van ’n strategie met die oog op die toekoms. Die geskiedenis van Afrikaans voor die erkenning daarvan as landstaal sowel as die ontwikkelingsgang van die taal sedert amptelike erkenning word gerekonstrueer. Die geskiedenis van die bemagtiging van Afrikaans as volwaardige onderwystaal is ’n verhaal met prestasies wat min taalgemeenskappe nog kon ewenaar. Tog is drie gewigtige kontekstuele verrekeningsfoute in die poging vir die onderwysmatige bemagtiging van Afrikaans gemaak. Hierdie drie foute word as aanskouingsles aangebied. Riglyne vir die Afrikaanssprekende gemeenskap in die benutting van demografi ese, ekonomiese, internasionale en ander kontekstuele kragbronne in die verskansing en voortgesette ontwikkeling van Afrikaans as onderwystaal vir die volgende 100 jaar word daaruit onttrek.

Author Biography

Charl Wolhuter, Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (AROS), Pretoria, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-03-22

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels