Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwystaal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms
The trajectory of Afrikaans as indigenous education language from 1925 to 2025: Thoughts on the past, the present and the future
Keywords:
onderwystaalbeleid, taalassimilasie, taalverval, taalontwikkeling, taaldiskriminasie, taaldruk, taalregte, taaloorlewing, moedertaalonderwys, veeltaligheid, verstaatlikingAbstract
UNESCO het al ’n groot hoeveelheid navorsing gedoen oor taaltrajekte (en onder andere bevind dat daar elke twee weke ’n taal “sterf”). Vrae oor die toekoms van Afrikaans as ’n relatiewe jong taal het daardeur na vore gekom.
Behalwe vir die Soweto-opstand van 1976 en die uitvaardiging van die Wet op Bantoe-Onderwys van 1953 was die afgelope honderd jaar relatief rustig vir Afrikaans as onderwystaal.
Die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, 32 van 2024 (algemeen bekend as die Bela-wet) het die situasie ingrypend verander.
In die artikel kom die posisie van Afrikaans as onderwystaal tussen 1925 en 1994 onder die soeklig. Belangrike elemente van die Bela-wet word ook belig. UNESCO se navorsingsverslae oor die uitwissing (“dood”) van veral inheemse tale sal op die Bela-wet toegepas word om versigtige afl eidings oor die toekoms en voortbestaan van Afrikaans as onderwystaal te kan maak.