Afrikaans in die hoër onderwys: Enkele tendense uit die ondersoeke Staat van het Nederlands en Stand van Afrikaans

Afrikaans in tertiary education: Some trends evident from the studies Staat van het Nederlands and Stand van Afrikaans

Authors

  • Elirea Bornman Universiteit van Suid-Afrika
  • Conrad Steenkamp Afrikaanse Taalraad
  • Roné Wierenga Gent Universiteit
  • WAM Carstens North-West University

Keywords:

hoër onderwys, stand van Afrikaans, stand van Nederlands, Suid-Afrika, onderrig in Afrikaans, werkopdragte, eksamens, gesprekke met dosente, gesprekke met medestudente, webwerwe

Abstract

In die artikel word gefokus op die stand van Afrikaans in die hoër onderwys in Suid-Afrika. Die besprekings word gebaseer op response van 114 studente wat ingesluit is in die ewekansige landswye steekproef van Afrikaanssprekendes wat deelgeneem het aan die Stand van Afrikaansvraelysondersoek in 2024. Die vrae het aspekte soos die onderrigtaal, handboeke, studie materiaal, werkopdragte en eksamens gedek. Daar is ook gekyk na die taal van sosiale interaksie soos gesprekke met medestudente en die taal wat in studentebehuising gebruik word. Die taal waarin hoëronderriginstellings met studente en hulle ouers kommunikeer, soos webwerwe en nuusbriewe, is ook ondersoek.

Die resultate word vergelyk met tendense wat na vore getree het in die Staat van het Nederlands-ondersoeke in Nederland, Vlaandere en Suriname. Slegs 27,3% van die studente het aangedui dat hulle deurentyd in Afrikaans onderrig ontvang het. Die gegewens vir die verskillende dimensies van onderrig dui verder daarop dat die ruimte van Afrikaans in die hoër onderwys tans beperk is. Aanbevelings vir verdere navorsing word in die slotopmerkings gemaak.

Author Biographies

Elirea Bornman, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Kommunikasiewetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Conrad Steenkamp, Afrikaanse Taalraad

Hoof-Uitvoerende Beampte, Afrikaanse Taalraad, Kaapstad, Suid-Afrika

Roné Wierenga, Gent Universiteit

Navorsingskoördineerder, Afrikaanse Taalraad, Noordwes-Universiteit en Gent Universiteit, Suid-Afrika en België

WAM Carstens, North-West University

Navorsingsfokusarea Taal en Literatuur in die SA Konteks, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-03-22

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels